
8 hoenderstukke
45 ml olie
2 uie, in wiggies gesny
3 knoffelhuisies, fyngekap
10 ml matige kerriepoeier
5 ml komyn
5 ml paprika
3 ml borrie
1 pak (250 g) spekvleis, grofgekap
2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties
Water
Sout, varsgemaalde swartpeper en heuning na smaak
Vars koljanderblare, om af te rond
Braai die hoender in die olie in ’n pan tot goudbruin. Skep die hoender uit in ’n oondbak.
Braai nou die uie, knoffel, kerriepoeier, komyn, paprika en borrie in dieselfde pan tot die uie sag is. Voeg die spek by en braai tot net gaar.
Voeg die tamaties by. Maak die een tamatieblik vol water en voeg dit ook by. Verhit tot kookpunt en geur die sous na smaak met sout, peper en heuning.
Giet die sous oor die hoenderstukke, bedek met foelie en bak vir 30-35 minute. Haal die foelie af en bak vir ’n verdere 30 minute tot die hoender baie sag en die sous dik en geurig is.
Sprinkel vars koljander oor en sit voor op rys.
Lewer 4-6 porsies