
Kors
375 ml koekmeel
2 ml sout
125 g yskoue botter, grofgerasper
Vulsel
250 ml suurroom
Knippie sout
Groot hand vol kersietamaties, gehalveer
Paar takkies vars tiemie
Varsgemaalde swartpeper
Voorverhit die oond tot 190 °C en spuit ’n vlak kolwyntjiepan van 31 cm x 20 cm met kleefwerende kossproei. Sif die koekmeel en sout saam. Vryf die botter met jou vingerpunte by die meelmengsel in tot klam frummels vorm en voer die holtes van die pannetjie daarmee uit.
Skep ’n bietjie suurroom in elke uitgevoerde panholte. Sprinkel ’n bietjie sout oor en sit ’n halwe kersietamatie (met die gesnyde kant na onder) op die suurroom. Sit ’n paar tiemieblaartjies op elke tamatie en bak in ’n warm oond vir ongeveer 12-15 minute tot die kors goudbruin en bros en die tamaties deurgebak is.
Lewer 18 tertjies.