
1 blik (385 g) kondensmelk
1 blik (380 g) ingedampte melk
25-50 ml (1 tot 2 sopieglase) baie sterk koffie of espresso
250 ml brandewyn
Klits al die bestanddele liggies saam tot dit goed gemeng en glad is. Giet in ’n gesteriliseerde bottel en verseël. Hou die likeur in die yskas, maar haal dit ’n halfuur voor jy dit wil voorsit uit die yskas, sodat dit nie yskoud is nie.
Lewer sowat 900 ml likeur.