
45 ml olie
2 uie, grof gekap
3 knoffelhuisies, fyn gekap
1 kg ontbeende varkboud, in hapgrootte blokkies gesny
500 g gemengde sampioene, in growwe stukke gesny
Sout en vars gemaalde swartpeper
100 ml sjerrie
20 ml heelkorrelmosterd
500-750 ml ligte vleisaftreksel
180 ml suurroom of dik, natuurlike jogurt
’n Skeut vars suurlemoensap en gekapte, vars pietersielie na smaak
Verhit die olie in ’n swartpot oor warm kole en braai die uie daarin tot sag. Voeg die knoffel en varkboudblokkies by en braai liggies bruin. Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Geur goed met sout en peper en voeg die sjerrie en mosterd by. Braai tot die sjerrie met die helfte afgekook is en voeg dan 500 ml aftreksel by.
Bedek die potjie, krap ’n bietjie van die baie warm kole onder hom uit en laat prut vir 1 1/2 uur tot die vleis baie sag is. Roer nou en dan. (Voeg nog ’n bietjie aftreksel of water by as dit lyk of die vloeistof begin min raak.) Verwyder van die hitte en roer die suurroom of jogurt deur. Geur met ’n bietjie suurlemoensap en sprinkel gekapte, vars pietersielie oor.
Lewer 8 porsies.