Die nederige vetkoek het ons onderneming gered gedurende die ergste grendeltye van 2020. Ek het altyd met my personeel gegrap en gesê ons gaan nog eendag vetkoek op die sypaadjie verkoop, en toe die toekoms droewig gelyk het, het hulle voorgestel dat ons presies dit doen.
Só het “Vetkoek-Vrydae” ontstaan en ons hou elke maand een. Mense is mal oor die sentimentaliteit wat hierdie deeg omhul. Hier bak ons dit met kaiings in die deeg – iets wat ons een jaar vir die KKNK Windpomp-restaurant op Oudtshoorn geskep het. Mense was in trane daaroor.
- 1 kg skaap-, lams- of varkvet, in 2 cm x 2 cm-blokkies gesny