Ons beste kosherinneringe is vakansies in die Sederberge, waar ons saam met jare lange vriende rituele aangepak het soos die lekkerste potbrood en wildspotjies wat met baie geduld, gesels en grappe gaar word.
Waar my ouers nou aan die Weskus bly, het dit tradisie geword om snoekterte vir die kerkbasaar te maak – en bestellings hiervoor stroom in. Daar is twee resepte wat snoek benut (as dit die slag loop): een wat soos goud bewaar word, en ’n ander een wat maar uitgedeel kan word. Dié is die algemene resep in omloop en een van my pa se gunstelinge.
Kors