As ’n mens uitnemendheid wil beloon, is elkeen ’n geldige wenner. Vir die meeste motoriste is hulle egter van min belang weens hul hemelhoë pryse.
Dis so goed drie beeldskone Hollywood-aktrises kom skiet ’n fliek op jou plaas. Jy kan hulle bewonder en dalk in jou beste Sondag-Engels ’n geselsie aanknoop. Maar nadat die laaste toneel verfilm is, gaan hulle huis toe. Boer soek ’n vrou is ’n ander show.
Daarom is die aanwys in 2022 van ’n toegankliker kar, as motor van die jaar, verwelkom: die Toyota Corolla Cross (R360 400-R461 700). Die Cross is ’n aangename, gehalteryding, maar selfs die petrol-elektriese Cross Hybrid is nie uitermate brandstofdoeltreffend nie. Is daar ’n ryding wat minder kos, minder drink, en dieselfde jop kan doen as die Cross? Daar is, en hy’t pas uitgebroei.