AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
5067,6
107,60
YMAZ
06 Okt
-
4958
84,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Die Defender 90 is ’n luukse kanniedood 4x4

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die nuwe Defender 90. Foto: Verskaf
Die nuwe Defender 90. Foto: Verskaf
Is korter beter, met Land Rover se nuwe kleiner Defender?

Ervare veldrygeesdriftiges weet daar is min dinge so bekwaam, of beknop, soos Land Rover se oorspronklike Defender 90. Hierdie kortas-Defender het hope persoonlikheid en veldryvermoë, wanneer moeilike hindernisse deurkruis moet word.

Maar hoe vergelyk Land Rover se nuwe Defender 90? Ná ons aan die jongste kortas-Defender 90 D240 S bekend gestel is, het ons ontdek dat Land Rover se beplanningspan raakgevat het met die Defender 90 se voorkoms, veral die wielkeuse. In ’n mark propvol spoggerige wielontwerpe, wat binne oomblikke kan verniel as jy tegniese veldry beoefen, is die Defender 90 se wit staalwiele ’n seëning.

Hierdie staalwiele het ’n reeks voordele. Slaggate wat enige allooiwiel sal beskadig, gaan die Defender 90 se wiele nie eens laat skrik nie – en as dinge dalk bietjie buig, kan jy dit met ’n hammer timmer.

Die Defender 90 se 18 duim-staalwiele vat reuse-255/70-bande en met Land Rover se lugveringstelsel is die ritgehalte besonders.

Vir veldry het hierdie Defender 90 nie werklik ’n teenstander op die plaaslike mark nie. As jy die lugvering van 225 mm na 291 mm se grondvryehoogte verstel, is dit net jou moed agter die stuurwiel wat ’n beperking sal wees vir waar hierdie moderne Land Rover sal loop.

Die D240 S se 2 liter-turbodieselenjin trek sterker as wat die syfers van 177 kW en 430 Nm voorstel. Met die kortas-Defender wat 93 kg ligter as ’n 110 is, voel hierdie “kleiner” weergawe heel wakker in stadsverkeer en op die oop pad.

Nadele? Die kortas-Defenders was nog nooit gesinsvoertuie nie, en die nuwe een is geen uitsondering nie. Die laairuimte is maar skrams teen 240 liter en met agterruite wat nie afwen nie, sal passasiers in die tweede ry bietjie soos stiefkinders voel wanneer daar wild gekyk word.

Nog ’n haakplek is daardie tweede ry sitplekke wat nie heeltemal plat vou nie. Dit bemoeilik die pak van ’n groot vrag vir onder meer daai Namibië-toer, en dit is ongemaklik om in ’n kortas-Defender te oornag.

Wat nie binne-in ’n Defender 90 kan pas nie, moet bo-op vervoer word. Die dakrak kan 132 kg dra, maar as jy dit gaan kies, met die oopvouseildak vir wild kyk, moet jy jou staal vir baie windgeraas teen toersnelhede.

Min vervaardigers bied deesdae ’n bosbreker op hul geharde veldvoertuie, maar Land Rover besef die waarde van een op die kortas-Defender, veral as jy baie snags grondpad ry wanneer die risiko groot is om diere raak te ry.

Vir ’n paartjie sonder kinders is die Defender 90 ’n gedugte veldvoertuig soos min.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.88
-0.6%
Rand - Pond
20.13
+0.0%
Rand - Euro
17.59
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,712.11
-0.3%
Silwer
20.47
-0.8%
Palladium
2,283.50
+1.1%
Platinum
921.50
-0.1%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,507
+0.5%
Alle aandele
65,928
+0.5%
Hulpbronne 10
63,056
-1.0%
Industriële 25
80,275
+1.3%
Finansiële 15
14,067
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot