AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Dié Ranger werk mooi met jou BTW-aftrekkings

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Ranger Wildtrak-supercab. Foto: Verskaf
Die Ranger Wildtrak-supercab. Foto: Verskaf
Dubbelkajuit-bakkies is baie gewild, maar met ’n knap laairuimte en sonder belastingvoordele maak ’n vierdeur-bakkie nie baie sin vir die meeste boere nie.

Hoe gemaak as jy ’n groter kajuit soek, maar nie te veel laaibakruimte wil inboet nie? Die antwoord was nog altyd daai bakontwerp tussen ’n enkel- en dubbelkajuit: die kajuit-en-’n-half. Ford se jongste Ranger-reeks bied nou ’n supercab-bakontwerp, vir kopers wat die BTW-belastingvoordeel van ’n werksbakkie wil gebruik, sonder om te veel luukshede van ’n dubbelkajuit in te boet.

Die Ranger-supercab se pryse begin by R485 400 vir ’n 2.0 SiT XL 4x2 met ’n handrat. Ford se XL-bakkies is gemaak vir plaaslewe, met staalwiele, maar ook ’n besonder gevorderde tikskerminligtingstelsel. Hierdie intreevlak-supercab gebruik Ford se 2 liter-turbodieselenjin, wat 125 kW en 405 Nm lewer. Vastrapvermoë word verskans deur ’n agterste ewenaarslot, vir wanneer jy daai mielielande ná ’n wolkbreuk moet aandurf.

’n Trommel en sluitkassies

Hoekom moet jy ’n Ranger-supercab vir plaaswerk oorweeg? Weerbestande laairuimte is die een voordeel van ’n supercab bo ’n enkelkajuitbakkie. Ford bied sluitbare kassies wat jou gereedskap en ander toebehore veilig en droog sal hou in die ruimte agter die sitplekke.

Daar is ook ’n trommel gemonteer op die laaibak, wat op sy beurt in die bakwerkstruktuur gemonteer word. Dis ’n slim bykomende pakruimte vir gereedskap en toerusting en jy hoef nooit senuagtig te wees dat iemand dit uit die bakkie se laaibak kan steel nie omdat dit vasgemonteer is.

Ford sien ook die belofte van bruikbaarheid as 4x4-toervoertuig vir die Ranger-supercab. Met ’n groter laaibak as enige dubbelkajuit-bakkie, en daai voordelige pakplek agter die sitplekke, kan ’n supercab jou gunsteling-4x4-toerbakkie word. Dit is ook hoekom Ford die Ranger-supercab met die weelderige Wildtrak se afwerking bied.

Met sy kragtige 2 liter-dubbelturbodieselenjin het die Ranger Wildtrak-supercab uitstekende langpadtoervermoë. ’n Outomatiese tiengangratkas werk netjies met jou dieselverbruik en skakel daai dubbelturbodieselenjin se 500 Nm wringkrag om in moeitelose versnelling wanneer jy vragmotors op die snelweg wil verbysteek.

Binne-in die Ranger Wildtrak is ’n 12 duim-tikskermvermaakstelsel wat uitstekende klankgehalte deur nege Bang & Olufsen-luidsprekers bied. Vir eienaars wat hul Wildtrak-supercab verder wil uitrus, is daar ingeboude dakskakelaars met begeleide bedrading vir al jou broodnodige veldrybybehore soos kolligte, ’n wen-as en tweede batterystelsel.

Die Ranger Wildtrak-supercab se laaibak het ook ’n 240 V-kragpunt en hierdie bakkie se elektriese argitektuur is gebou om allerlei toestelle aan die gang te jou wanneer jy in die veld is. Hoe? Met ’n ingeboude 400 W-omsetter wat elektrisiteit na die laaibak en binneruim se kragpunte voer.

Ford bied die Ranger 2.0 BiT Wildtrak 4x4 supercab met die outomatiese tiengangratkas teen R772 800. As jy nie ’n dubbelkajuit-bakkie nodig het nie, is dit ’n besonder slim aankoop, veral wanneer jy byreken hoeveel belasting jy kan aftrek.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.3%
Rand - Pond
22.30
+0.5%
Rand - Euro
19.63
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+1.8%
Platinum
967.40
+0.8%
Palladium
1,436.35
+1.4%
Goud
1,963.81
-0.5%
Silwer
23.33
+0.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot