Die Ranger XL bestaan uit enkelkajuite met groot laairuimtes, die praktiese SuperCab met bykomende bêreplek agter die sitplek, en die gerieflike dubbelkajuitmodel.
Met die toevoeging van die Sport Pack-opsie het klante nou die keuse om vanaf die intreevlak SYNC®1-stelsel na ’n raakskermstelsel op te gradeer. Die standaard-Ranger XL-modelle spog ook met ’n swart glansrooster, rolstaaf, agterste buffer en kanttrappe.
Ander eienskappe sluit in ABS-remme met elektroniese remkragverspreiding (EBD), elektroniese stabiliteitsbeheer (ESP), heuwelklimbystand (HLA) en ander toepassings wat die voertuie veilig maak.