
Die Ineos Grenadier, ’n rateltaai vierwielaangedrewe voertuig wat soos ’n ou Land Rover Defender 110 lyk, maar soos ’n Duitse weermagtenk gebou is, het die afgelope week sy buiging in Suid-Afrika gemaak.
Belangstellendes kon verlede jaar registreer vir die geleentheid om die prototipes van naby te bekyk en selfs ’n bietjie in hulle rond te ry.
Die Grenadier is gebore uit die Britse miljardêr sir James Arthur Radcliffe, of Jim soos sy vriende hom noem, se liefde vir avontuur.
Hy het reeds albei pole besoek en selfs eenkeer drie maande lank met sy motorfiets deur Suid-Afrika kom toer.
Nou is die voertuig waaroor hy en sy vrinne in ’n kroegie in Liverpool, Brittanje, gesit en droom het as ’n waardige plaasvervanger vir die ou Landy ’n werklikheid. Drie van hierdie voertuie toer deur Suid-Afrika en wen harte so ver hulle gaan.
Lees binnekort op Landbou.com of ons glo die Grenadier is sy prys van R1,5 miljoen werd.