AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Hyundai se veldwa van amper R1 miljoen

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hyundai se Palisade van “baie amper R1 miljoen”. Foto: Verskaf
Hyundai se Palisade van “baie amper R1 miljoen”. Foto: Verskaf
Die duurste Hyundai nog, een met agt sitplekke, gaan dalk die aangewese gesinsvoertuig vir baie wees.

As Hyundai en veldry jou na aan die hart lê, soek jy waarskynlik steeds op Sondagaande deur die aanlyn voertuigverkoopblaaie vir ’n Terracan. In die vroeë 2000’s was die Terracan ’n winskoopkeuse vir veldryers wat ’n Koreaanse Land Cruiser wou hê. Die mark het egter verander en Hyundai het besef dat daar ’n groter vraag is na grondpadtoervoertuie, met netjiese snelwegmaniere.

Hoe werk die bemarkingsplan agter ’n Hyundai met agt sitplekke ter waarde van R999 900? Die Palisade is sowat R140 000 duurder as Hyundai se sewesitplek Sante Fe, met ’n soortgelyke onderstel, enjin en dryfstelsel. En een ekstra sitplek.

Is die verskil tussen sewe en agt sitplekke genoeg om die prysverskil van R140 000 te regverdig? Verseker nie. Met die Palisade kry jy egter ook ’n voertuig wat 200 mm langer is en daardie indrukwekkende bakwerkontwerp.

Dit is nie maklik om drie rye insittendes gemaklik te hou in die meeste voertuie nie, maar die ontwerpers van die Palisade het slim gewerk. Met die intrapslag besef jy hierdie is ’n baie groter voertuig as die Sante Fe. Dis nader aan ’n Land Cruiser in grootte. Dit beteken dat selfs passasiers in die derde ry nie beknop voel nie.

Die volgrootte middelsitplekke is uiters gemaklik en hoogs verstelbaar, en verleen maklike toegang tot die derde ry sitplekke.

Soos met enige luukse Hyundai is die toerustingvlakke hemelhoog, met radarbegeleide togbeheer wat die enigste gebrek is.

Volgens Hyundai is die Palisade slegs 90 kg swaarder as ’n Sante Fe, maar daar is effense versnellingstraagheid met die groter voertuig. Hyundai se outomatiese agtgangratkas skuif glad en is wakker wanneer die versneller getrap word, maar fisika en die wet van die natuur bly in jou agterkop wanneer jy iemand wil verbysteek in ’n Palisade.

Die beproefde 2,2 liter-turbodieselenjin lewer 142 kW en 440 Nm. Dit versnel binne 10,5 sekondes van 0-100 km/h en brandstofverbruik is nagenoeg 8 liter per 100 km.

Met ’n agtsitplekuitleg, brandstofdoeltreffende dieselenjin en skaflike grondpadryvermoë bied die Palisade iets in die plaaslike mark. Die meeste voertuie van hierdie grootte dra nog swaar aan ’n laestrekratkas en leerraamonderstel, wat telkens bitter min op die proef gestel word.

As jy nooit verder as ’n grondpadroete gaan verken nie en baie toervoertuig vir jou rande soek, is Hyundai se Palisade van “baie amper R1 miljoen” ’n waarde-aanbod soos min. Wees net seker dat jy werklik daardie derde ry sitplekke gaan gebruik.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot