AFGRI
BEAN
02 Des
-
9223,6
-141,40
CORN
02 Des
-
4520,8
-29,20
SOYA
02 Des
-
10440
22,00
SUNS
02 Des
-
10924,8
-105,20
WEAT
02 Des
-
6895
-24,00
WMAZ
02 Des
-
5035
-92,00
YMAZ
02 Des
-
4915
-44,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Is Audi se duurste elektriese ‘SUV’ sy prys werd?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Audi e-tron S Sportback. Foto: Verskaf
Die Audi e-tron S Sportback. Foto: Verskaf
Die Audi e-tron S Sportback is luuks, ruim en schnell. Justus Visagie stel vas of dié Duitser egter genoeg stamina het om by die ander EV’s te hou.

Watter passasiersmotor ontwikkel meer wringkrag as die Mercedes G400d “Geländewagen” (700 Nm), die McLaren 765LT (800 Nm) of die Bentley Continental GT Speed se 900 Nm? Die antwoord: Audi se elektriese e-tron S Sportback, met 973 Nm (en 370 kW). Dit laat die Audi breëbors staan, maar ’n luukse voertuig benodig meer as brute krag om ’n ryke se beursie oop te maak. 

Waar pas die Audi e-tron S Sportback quattro in Audi se modelreeks en in die plaaslike motormark? Die e-tron S Sportback behoort tot die Duitse vervaardiger se elektriese arsenaal en is ’n sportnutsvoertuig (SUV) met ’n dak wat skuins afloop na agter, ’n ontwerp waarvan BMW die pionier was met sy X6. Daar’s ook ’n minder kragtige weergawe van hierdie sportnuts-“koepee”, met die agtervoegsel “S Line”, pleks van bloot “S”. 

Die e-tron S Sportback se brandstofgedrewe eweknieë is die Audi Q8 45TDI quattro (R1,65m) en die SQ5 Sportback TFSI quattro (R1,38m). Met ’n tamaai verkoopprys van R2,42 miljoen is die e-tron S Sportback een van die duurste Audi’s wat plaaslik te koop is, en een van duurste elektriese rygoed in Suid-Afrika. Hy’s ook ’n vettie. 

Die motor weeg ’n yslike 2,7 ton – ongeveer 400 kg swaarder as die elektriese BMW iX xDrive40. Die bestuurder is bewus van hierdie bierpens, maar gelukkig sit die batterypak, wat die voertuig so swaar maak, onder die kajuit. Dit voel dus nie of die motor kan omtiep nie. Verder het Audi se ingenieurs daarin geslaag om die vering so te toor dat die e-tron S Sportback sag en gerieflik ry, ondanks sy laeprofielbande en hoë gewig. Verder voel die stuur veel akkurater as die stasiewa-vorm e-tron-sportnuts s’n. 

Die kajuit is groot, met genoeg beenruimte agter en ’n enorme bagasiebak van 615 liter. Die S is blitsig: 0-100 km/h in 4,5 sekondes en ’n topsnelheid van 210 km/h. In ons toets was die gemiddelde verbruik 24 kWh per 100 km, oftewel 56c per km. Die S Sportback moet elke 30 000 km versien word, en Audi waarborg die battery vir 8 jaar of 160 000 km. 

Een van die e-tron S Sportback se swakste kenmerke is die verstommende hoeveelheid windgedruis wat die oopskuifsondak veroorsaak – wanneer dit toe is! Nog ’n probleem, buiten die verskriklike prys, is reikafstand. Daar’s ontsettend baie struikelblokke op die pad na aanvaarding van elektriese rygoed en een van hulle is hoe ver so ’n voertuig kan ry voor hy moet herlaai. Audi dui die e-tron S s’n aan as 347-378 km, wat taamlik akkuraat is, maar dit sleg afsteek teen EV’s wat die helfte minder kos.

Audi pluk die wrang vrugte van sy verknogtheid aan dieselenjins, toe BMW, Tesla en Nissan die weg vir EV’s gebaan het. As jy reg is om ’n passasiers-EV aan te skaf, oorweeg liewer die veel goedkoper BMW iX3 of iX, Mercedes EQB, of Volvo XC40 P6, wat almal net so ver of verder kan ry per lading. Die Audi ontwikkel dalk die meeste wringkrag, maar dis nie meer as ’n interessante feit vir ’n kuier om die braaivleisvuur nie. 

Terwyl luukse EV’s, soos die Audi e-tron S Sportback, die land binnestroom, is daar ’n groeiende vraag na elektriese handelsvoertuie, veral vir kortafstandgebruik. ’n Onderneming genaamd Enviro Wheels voer nou DFSK se eenton-mikro-paneelwa in, en beloof om die bakkie-weergawe daarvan volgende jaar bekend te stel. Die prys beloop R550 000 (elk).
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
+1.1%
Rand - Pond
21.29
+1.0%
Rand - Euro
18.27
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.83
+1.0%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,802.28
-0.0%
Silwer
22.77
+0.1%
Palladium
1,941.58
-0.2%
Platinum
1,043.22
-0.1%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,352
-0.8%
Alle aandele
74,485
-0.7%
Hulpbronne 10
74,173
-2.4%
Industriële 25
91,519
-0.7%
Finansiële 15
15,542
+1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie roman.
Is n aangename vriendelike mens met baie deernis", en baie''' liefdevol". Hou baie' van my rugby''' en mal oor musiek"...
Lekker kuiermaat
Ek dink ek kom maklik met die meeste mense oor die weg en het n baie goeie sin vir humor soms bietjie aweregs. .Ek is spontaan en het n goeie algemene kennis . EK hou van...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot