AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Steil pryse vir nuwe Amarok

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Op die plaaslike bakkiemark is die groot tweestryd tussen Toyota en Ford, met onderskeidelik die Hilux en die Ranger. Maar daar is nou ’n nuwer bakkietwis, tussen Ford en Volkswagen, met die Duitsers se nuwe Amarok wat ’n tweelingweergawe van die jongste Ranger is.

Die afgelope jaar was ’n groot vraag hoekom jy ’n Amarok sou koop as dit meganies dieselfde is as ’n Ranger. Ford se bakkiebesigheid is baie groter as Volkswagen s’n en gevolglik is die Amerikaanse motorvervaardiger se dubbelkajuitpryse meer mededingend. Maar is dit steeds die geval, met die nuwe Ranger en Amarok?

Daar is wild geraai hoe Volkswagen die nuwe Amarok sou aanbied in die plaaslike mark. Die vorige Amarok het ’n baie sterk teenwoordigheid in die segment vir luukse dubbelkajuitbakkies geniet vanweë die sterk 3 liter-turbodieselenjin.

Van enkelkajuitbakkies en eenvoudige dubbelkajuitbakkies vir plaaswerk was daar nooit juis sprake nie. Maar nou is daar.

Volkswagen se tweedegeslag-Amarok bied ’n baie breër modelreeks, met intreevlakbakkies wat die afgelope paar jaar nie deel van die Duitsers se plaaslike aanbieding was nie.

Die Amarok-dubbelkajuitreeks begin teen R599 000 met ’n 2.0 TDI-weergawe, wat oënskynlik minder waarde bied as die vergelykende Ford Ranger 2.0 TDI-dubbelkajuit teen R486 000.

Die goedkoopste Amarok-dubbelkajuit het slegs ’n vyfganghandrat en ’n turbodieselenjin wat 110 kW lewer. Die nederigste Ford Ranger-dubbelkajuit het ’n turbodieselenjin wat 125 kW lewer, en ’n sesgangratkas.

Vir R544 400 kan jy ’n Ford Ranger XL-dubbelkajuit met outomatiese ratkas aanskaf, met meer toerusting, en steeds redelik baie kleingeld oorhê vergeleke met ’n intreevlak-Amarok. Op die intreevlak bied die Ranger-dubbelkajuit verseker beter waarde.

Maar wat van die Amarok V6? Volkswagen bied drie dubbelkajuitweergawes van die nuwe Amarok met 3 liter-V6-turbodieselkragbron wat 184 kW lewer. Ford het slegs een Ranger met V6-dieselenjin beskikbaar: die outomatiese Wildtrak 4x4 wat R953 500 kos. Die vergelykende outomatiese Amarok Style 3.0 TDI V6 kos R966 000.

Daai pryse is naby, maar hoe lyk die toerustingvlakke? Heelwat soortgelyk, behalwe dat Ford se Wildtrak 4x4 ingeboude bedrading en dakskakelaars het as jy ’n wenas, spreiligte en allerhande ander veldrybykomstighede wil monteer.

Die tweestryd tussen Ford en Volkswagen in die dubbelkajuitbakkiemark gaan taai wees, omdat die nuwe Ranger en Amarok meganiese tweelinge van mekaar is. Ranger bied baie goedkoper intreevlakbakkies onder R600 000. Maar met ’n groter handelaarsnetwerk en meer tradisionele bakontwerp kan Volkswagen steeds ’n vastrapplek in die dubbelkajuitmark kry.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.18
-0.5%
Rand - Pond
22.24
-0.1%
Rand - Euro
19.60
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Soek na iemand wat saam met my sal lag...
Vol skerp grappies, reg om iemand se dag op te helder, opsoek na my pasmaat wat saam met my kan lag en die lewe geniet. Hou daarvan om aktief te wees, crossfit en ry dan en wan...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot