Nie lank gelede nie het groot geriefsvoertuie – soos die Land Cruiser 100, 200, 300 en Prado – nie bestaan nie. Ja, daar was ’n Range Rover hier en daar, maar ná die Tweede Wêreldoorlog was Britse motors se betroubaarheid – met enkele uitsonderings – nie iets waarop ’n mens peil kon trek nie.
Watter rygoed kon wel op genadelose plaaspaaie uithou en ’n gesin kerk toe vat? Die Citroën DS met sy geniale hidrouliese vering, die onvernietigbare Peugeot 404, Amerikaanse tenks en verskeie Mercedes-sedans.
Die 300 D (R12 860 in 1977) was gewild en kon gaar en goor paaie ry. Sy modelkode was W123 en daar was koepees, stasiewaens en selfs W123-bakkies, hoewel laasgenoemde nooit amptelik na Suid-Afrika gekom het nie.