Wat beteken die woord ranger nou eintlik? Dié betekenisse duik op: ’n wildbewaarder, ’n lid van Amerika se Army Rangers, of ’n persoon wat oor ’n gebied dwaal, soos ’n John Wayne- of Clint Eastwood-karakter in ’n cowboy-fliek.
Dié beeld pas ’n bakkie wat sy passasiers na skilderagtige, onherbergsame plekke neem. Met die splinternuwe Ranger-dubbelkajuit, wat volgende jaar kom, gaan dit met meer gerief en minder moeite as ooit gebeur.
Waar Ranger-mense vroeër kwylbek na die kragtige Amarok V6 moes staar, gaan die nuwe Ranger-reeks ook ’n drieliter-V6-turbodiesel hê. Ford sê dis sy eie enjin en nie Volkswagen s’n nie, al word die nuwe Amarok en Ranger albei deur Ford vervaardig.