
Dié Dormer-ram van mnr. Johan en me. Jean du Randt is teen die hoogste prys van R29 000 verkoop.
Mnre. Johan du Randt en Geoff Orpen het puik Dormer-teelmateriaal op hul produksieveiling by die Sun Down Lodge op Aliwal-Noord aangebied.
Die kopers is mnr. Ivor en me. Valana Isted van Isted Dormers in New England, Barkly-Oos. By die ram is mnr. Henri Naudé van BKB Ramme het gemiddeld R9 764 behaal, dragtige Dormer-ooie R3 356 en Dormer-ooie gemiddeld R4 011. Foto: Gavin Isted