
Die Sussex-bul MS 19-0058 (foto) van Du Randt se Mountain Shadows-stoetery is teen die hoogste prys van R125 000 aan mnr. Albert Kotze van Otterkuil, Paarl, en mnr. Corné Rust van Koringplaas, Moorreesburg, verkoop.
Mnre. Johan du Randt en Geoff Orpen het puik Sussex-teelmateriaal op hul produksieveiling by die Sun Down Lodge op Aliwal-Noord aangebied.
Bulle het gemiddeld R61 100 behaal, koeie gemiddeld R25 000 222 en koeie en verse met kalwers R31 781. Die afslaer was mnr. Jakkie Nel. OVK het die veiling aangebied. Foto: Gavin Isted