
Die bul CCV 18-0031
Die bul CCV 18-0031 is op die produksieveiling van mnre. Cecil en Henk van der Merwe se Hencil-Bonsmara-stoetery op die plaas Grootvlei, Barkly-Oos, teen die hoogste prys van R95 000 verkoop.
Die koper is mnr. Smith Bekker van die plaas Dorcum, Van Stadensrus. Altesaam 23 bulle het gemiddeld R51 869 behaal en 12 koeie R20 000. Die veiling is deur Vleissentraal Port Elizabeth aangebied en mnr. André van Zyl was die afslaer.