Van links, agter: mnre. Danie Strauss, afslaer, DB Nel van BKB, Stephan Nel sr. en Dassie Nel, Stephan jr. en me. Christine Nel, en mnr. Jovaan Cloete van BKB; voor: mnr. Pieter Nel van BKB wat namens die koper opgetree het.
Puik pryse is op die produksieveiling van die Merino-stoetery Bergplaas van mnre. Stefan en Dassie Nel op hul plaas Prospect, Barkly-Oos, betaal.
Ramme was in ’n uitstekende kondisie en baie goeie teelmateriaal was beskikbaar. Die hoogste prys was R100 000 wat vir die ram op die foto deur mnr. Jacob Cilliers van Ermelo betaal is. BKB het die veiling aangebied. Ramme het gemiddeld R12 306 behaal, ooie gemiddeld R1 352 en dragtige ooie gemiddeld R2 390. Foto: Gavin Isted
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.