
Die naashoogste prys was R280 000 vir die bul GJN 15-0254 wat deur mnr. Nick Serfontein, Sernick Bonsmaras, Edenville, betaal is. Dié beproefde poena is reeds in drie kuddes gebruik en spog met 83 kalwers, daar is nog sowat 50 kalwers aan die kom en vier van sy seuns was ook op die veiling. Altesaam 555 kykers het aanlyn via SwiftVee die veiling bygewoon en 64 kopers het aanlyn geregistreer. Vroulike diere se pryse het gewissel van R11 000 tot R75 000. Mnr. Johan van der Nest was die afslaer en Vleissentraal Bloemfontein het die veiling aangebied.