
Van links, agter: mnre. JP Marais, afslaer, Jan van der Walt van BKB, Price, Spoelstra en Willie Henning; voor: mnr. Herman Henning.
Die Merino-stoetery Kesieberg, een van die eerste stoeterye in Suid-Afrika om poenskopramme én ramme met horings te teel, het goeie pryse op sy jaarlikse produksieveiling op die plaas Leeuwfontein, Burgersdorp, behaal.
Mnre. Willie en Herman Henning het puik teelmateriaal aangebied.Peut Spoelstra van Vaalbank, Burgersdorp, en Walter Price van Oatlands, Burgersdorp, verkoop. Ramme het gemiddeld R9 647 behaal en ooie gemiddeld R2 614. BKB het die veiling aangebied. Foto: Gavin Isted