
Van links is mnr. Thinus van Schalkwyk van BKB, me. Van Rooyen, mnre. Donovan Swarts, hanteerder, en Appie Maritz, afslaer.
Goeie pryse is op die jaarlikse produksieveiling van me. Marcellene van Rooyen se Dohne-Merino-stoetery Mullersvlei naby Calvinia betaal.
Die duurste ram is vir R22 000 aan mnr. Rossouw Cillié van Ceres verkoop. Ramme het gemiddeld R8 133 behaal. Die veiling is deur BKB Wes-Kaap aangebied.