
Van links is mnr. Thinus van Schalkwyk (BKB), me. Tina en mnr. Ben Brynard en mnr. Appie Maritz (afslaer). Die hanteerder is mnr. Abraham de Wee.
Mnr. Ben Brynard van die Merino-stoetery Vrugbaar, Calvinia, het puik teelmateriaal op sy 20ste produksieveiling by die Hantam-veilingslokaal aangebied.
Die duurste ram is vir R48 000 aan mnr. Rikus van Wyk van die Tierkloof-boerdery, Porterville, verkoop. Altesame 32 ramme is teen gemiddeld R15 593 uitverkoop. BKB Wes-Kaap het die veiling aangebied.