
Locklore LL 18-0119 (foto) is aan mnr. T.T. Bouwer van Potchefstroom verkoop, terwyl Rensbou DT 18-0247 aan mnr. C.J. Grey van Derby verkoop is.
Goeie pryse is behaal op die Santarust gesamentlike veiling op die plaas Borneo, Delareyville.
Twee bulle is teen die hoogste prys van R80 000 stuk verkoop. Altesaam 36 bulle is teen gemiddeld R47 194 verkoop. Stoetkoeie het gemiddeld behaal, dragtige stoetverse gemiddeld R26 066 en ongedekte stoetverse gemiddeld R20 523. André Kock en Seun het die veiling aangebied.