
Die duurste bul (LZ 18-61, foto) is vir R120 000 aan die Burnlea Farming-trust van Underburg verkoop.
Goeie teelmateriaal is op die produksieveiling van mnr. Eugene en me. Carlen Marais van die Simbra-stoetery Duo op Elliot aangebied en uitverkoop.
Bulle het gemiddeld R65 625 behaaldragtige koeie R16 794, dragtige verse gemiddeld R17 139 en nie-dragtige verse gemiddeld R12 375. OVK het die veiling aangebied en mnr. PM Swart was die afslaer.