
Bulle het gemiddeld R104 700 behaal. Die duurste koei met kalf (LR 18-412) van mnr. Mornay Verster van Le Roc-stoetery, Tweespruit, is teen R180 000 aan mnr. Duncan Watson van die JOC-stoetery, Dargle. Koeie met kalwers het gemiddeld R79 500 behaal, dragtige verse gemiddeld R49 200, dragtige koeie gemiddeld R27 500 en nie-dragtige verse gemiddeld R23 500. Mnr. Andrew Miller was die afslaer en Vleissentraal Bethlehem het die veiling aangebied. SwiftVee het die aanlyn fasiliteit behartig.