
By die ram is, van links agter: mnre. Jovaan Cloete en Jan van der Walt, albei van BKB en Sauer; voor: mnre. JP Marais, afslaer, James Veitch van BKB Frankfort wat namens die koper opgetree het.
Uitstekende ramme was op die produksieveiling van mnre. Hansie en Johan Sauer op die plaas Droogfontein naby Jamestown te koop.
Die duurste ram is vir R50 000 aan die JP Cilliers-boerdery van Lothair verkoop. Ramme het gemiddeld R11 287 behaal. Foto: Gavin Isted