Van links, agter: mnr. Corné du Plessis van CDP Afslaers wat die aanlyn veiling gehanteer het, Maritz en Deon Klopper, afslaer; voor: mnr. Jacob Steenkamp.
’n Puik hoogste prys van R200 000 is op die internasionale Dorper- en wit Dorperveiling op Kimberley betaal.
Die veiling se omset was R4 006 200. Mnr. Johan Maritz van Groblershoop het die ram geteel en die koper is Jolize Dorpers van Potchefstroom. Die duurste Dorperooi is deur mnr. Mickey Phillips van Tarkastad geteel en teen R100 000 aan mnr. Tiaan Mitton van Deben en Leroux van Wyk van Namibië verkoop.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.