
Die duurste bul (TOR 18-0080, foto) is teen R200 000 aan mnre. Sandré Erasmus van Cradock en Andrew van Kerken van Kruisfontein, Makhanda, verkoop.
Uitstekende teelmateriaal is op mnr. David Cock en me. Ingemar Heurlin se produksieveiling op die plaas Tempe, Lady Grey, aangebied.
Kopers van oral in Suid-Afrika het opgedaag. Bulle het gemiddeld R82 178 behaal, nie-dragtige verse gemiddeld R9 038, koeie met kalwers gemiddeld R20 000 en stoetkoeie gemiddeld R18 500. Brandon Leer Afslaers het die veiling aangebied. Foto: Gavin Isted