Van links is mnre. Appie Maritz, afslaer, Kotze, Louw en Agus Geduld, hanteerder.
Die aanbod van Merino’s, SA Vleismerino’s en Dormers op die jaarlikse promosieveiling van die Moorreesburg boere-groep op die plaas Drie Heuwels, Moorreesburg, is uitverkoop.
Die duurste dier was ’n Merino-ram wat teen R52 000 aan mnr. Eric Louw van Moorreesburg verkoop is. Die verkoper is mnr. Johan Kotze van Moorreesburg. Merino’s het gemiddeld R20 913 behaal en SA Vleismerino’s gemiddeld R13 677. Die duurste SAVM-ram is teen R19 000 aan mnr. N.J. Warnich van Moorreesburg verkoop. Die verkoper is mnr. Phillip de Waal van Moorreesburg. BKB Wes-Kaap het die veiling aangebied.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.