Van links is mnre. Johannes du Toit (verkoper) van die Remkuil-boerdery, Caledon, Groenewald ten Carl Malherbe, afslaer. Die hanteerder is mnr. Gurshwin Pitcher.
Die totale aanbod op die jaarlikse promosieveiling van die Dormer-stoeterye Nuweland en Remkuil by die Hoër Landbouskool Boland naby die Paarl is verkoop.
Die aanbod het bestaan uit 30 ramme, 25 stoetooie en 130 kommersiële ooie. Die duurste ram is teen R27 000 aan mnr. Christo Groenewaldt (Dorwald-boerdery) van Riviersonderend verkoop. Ramme het gemiddeld R12 806 behaal. Dragtige kommersiële ooie het gemiddeld R4 666 behaal. BKB Wes-Kaap het die veiling aangebied.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.