
Van links is mnre. Corné du Plessis (afslaer), John Mavoka, Flip de Bruyn en Mark Gietzmann van Hageland en G.J. du Plessis.
Die Ile de France-stoeterye Hageland en Jancor het puik teelmateriaal op die Jakaranda-veiling by die Fire & Wine-arena op Swavelpoort naby Pretoria aangebied.
Twee ramme van Hageland is teen die hoogste prys van R30 000 elk verkoop. CDP Afslaers het die veiling aangebied. Die veiling se omset was R1 606 000. Stoetramme het gemiddeld R14 170 behaal.