
Mnr. Pieter de Wet van Intellifarm, Gauteng, het die ram gekoop.
Die ram van die Collett-groep van mnre. Clynton Collett en sy skoonseun, Mario du Preez van La Rochelle, Venterstad, is die tweelingbroer van Zondo, die stoetery se hoofstoetram en die nageslag van Fat Magic en Judge, bekende Meatmasters in die bedryf. Fat Magic is vroeër op ’n produksieveiling vir R120 000 verkoop.
Die hoogste prys vir ’n kudderam van mnr. Johan Nel van Driekop-Meatmasters, Loeriesfontein, was R87 000.Die koper is mnr. Jean du Plessis van Hopetown.
Die nasionale veiling se omset was R2 067 000 teenoor 2020 se omset van R1 850 200.
Altesaam 41 ooie is teen gemiddeld R8 317 verkoop, wat ’n puik verbetering is van die 2020-gemiddelde prys van R6 417.
Die aanbod van 110 kudde-ooie het dieselfde prysneiging gevolg teen gemiddeld R5 522 teenoor die vorige veiling se R3 417.
Die gemiddelde prys van ooie met lammers was R9 500, terwyl kudde-ooie met lammers teen gemiddeld R4 425 verkoop is.
Die gemiddelde prys van die 33 stoetramme was R16 939, terwyl kudderamme gemiddeld R15 235 behaal het.
Die veiling is deur Vleissentraal Port Elizabeth aangebied met mnr. André van Zyl die afslaer.