
Van links is mnre. Jan van der Walt en Henri de Jager (albei van BKB), Van Coller, Jan Mostert (afslaer), January Mathibela, Fanie en Piet Strydom.
Talle kopers het die vierde produksieveiling van mnre. Fanie en Piet Strydom op die plaas Roscoe, Reitz, bygewoon.
Die duurste ram (0100 KLP) is vir R28 000 aan mnr. Cobus van Coller van Viljoenskroon verkoop. Altesame 35 ramme is vir gemiddeld R10 771 verkoop. BKB Louwid Bethlehem het die veiling aangebied.