
Volgens mnr. Pierre van der Vyver, hoofbestuurder van The House of Fiber wat die veiling aangebied het, is dit goeie nuus en 'n groot oorwinning vir die bedryf.
Daar was 'n uitstekende aanbod van kleinvee op die veiling. Twee ramme is teen die hoogste prys van R51 000 stuk verkoop. Mnr. Jordi Van Hasselt van die Van Hasselt-stoetery, Prins Albert, en mnr. Neil Quale van die Hobson Pastoral-stoetery, Caledon, het die ramme geteel. Die nuwe eienaars is mnre. Richard Hobson van die Jackson-stoetery, Pearston, en Gary Hobson van die Thorn Park-stoetery, Steytlerville.
Jong stoetooie van Van Hasselt is teen 'n uitstekende gemiddelde prys van R6 500 vir 'n hok van 10 ooie verkoop. Die koper is mnr. Martin Senkonyela van Lesotho.
Stoetramme het gemiddeld R37 600 behaal, gekeurde kudderamme gemiddeld R24 000, kudderamme gemiddeld R13 000 en jong ooie gemiddeld R3 900.
Die Van Hasselt-stoetery is bekend vir sy prestasies en die skeersel het die afgelope vyf jaar agtereenvolgens die internasionale Miyuki-prys ontvang vir die beste sybokhaarskeersel ter wêreld.