Die duurste bul op die produksieveiling van die Corbett-Beefmasterstoetery.
Die duurste bul op die produksieveiling van die Corbett-Beefmasterstoetery by Sterkstroom in die Oos-Kaap is teen R65 000 aan mnr. Paul van Rooyen van Rouxville verkoop.
Altesaam 14 bulle van mnr. Marius Corbett van die plaas Sherwood is teen gemiddeld R46 214 verkoop. Nege dragtige slytkoeie is teen gemiddeld R13 500 verkoop. Corbett het sy Beefmaster-stoetery in 2007 geregistreer nadat Sherwood reeds in 1953 deur die familie gekoop is. Foto: Verskaf
Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!