Die bul KVB 19-0092 (foto) is teen die hoogste prys van R220 000 aan die Bonsmarastoetery Hanzyl van mnr. Gerrit van Zyl by Dewetsdorp verkoop.
Die produksieveiling van Karooveld-Bonsmaras van mnr. Dirk Spaargaren op die plaas Kingslynn, Steynsburg, het goeie pryse opgelewer.
Altesame 33 bulle is teen gemiddeld R65 636 verkoop, 8 dragtige koeie teen gemiddeld R19 000, 24 dragtige verse teen gemiddeld R20 250 en 48 nie-dragtige verse teen gemiddeld R13 875. Altesaam 13 speenverse is teen gemiddeld R9 769 verkoop en 10 koeie met kalwers teen gemiddeld R21 000. Vleissentraal Port Elizabeth het die veiling aangebied en mnr. André van Zyl was die afslaer.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.