
Van links is mnre. Saul Beukes (stoetmeester van Kinko), Appie Maritz (afslaer), Johan Swart (verkoper) en Geldenhuys.
Puik teelmateriaal is op Kinko Dormers se 25ste produksieveiling op die plaas Kinko, Swellendam, aangebied.
Die duurste ram is teen R27 000 aan mnr. Jaco Geldenhuys (Mulco-trust) van Riversdal verkoop. Ramme het gemiddeld R6 635 behaal, geregistreerde ooie gemiddeld R4 340 en kommersiële ooie gemiddeld R3 540. Die veiling is aangebied deur BKB Wes-Kaap.