
Die duurste bul (AJS 18-0092, foto) is teen R85 000 aan mnr. M.G. Ingram van Sweetwaters, Van Stadensrus, verkoop.
Goeie teelmateriaal was op mnr. Smith Bekker (Glendor Bonsmaras) se jaarlikse produksieveiling by die Van Stadensrus-veilingslokaal bekombaar.
Bulle het gemiddeld R55 000 behaal, koeie met kalwers gemiddeld R21 000, dragtige koeie gemiddeld R21 700 en dragtige verse gemiddeld R18 500. Vleissentraal het die veiling aangebied en mnr. André van Zyl was die afslaer. Foto: Gavin Isted