
Die bul ZAT 18-6 (foto) is teen die hoogste prys van R60 000 aan mnr. Janke Cronjé van Trianon in Boesmanskop, Zastron, verkoop.
Goeie teelbulle van mnr. Piet Calitz se Brahman-stoetery Zatara is by die Van Stadensrus-veilingslokaal aangebied.
Bulle het gemiddeld R45 000 behaal. Vleissentraal het die veiling aangebied en mnr. André van Zyl was die afslaer. Foto: Gavin Isted