Die duurste bul (BBS 18-876, foto) van die Brahman-stoetery Boshoek van mnr. Sakkie Haasbroek, Molopo, is vir R110 000 aan mnr. Stephan van Wyk van Delareyville verkoop.
Die 24ste veiling van die Noord-Kaapse Brahman-klub op Vryburg, het goeie pryse opgelewer.
Bulle het gemiddeld R57 417 behaal. Koeie met kalwers het gemiddeld R25 000 behaal, dragtige koeie gemiddeld R19 307, dragtige verse gemiddeld R19 571 en nie-dragtige verse gemiddeld R18 375. Mnr. Theuns Visser was die afslaer en die veiling is aangebied deur Noordkaap Lewendehawe Vryburg.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.