
Mnr. Lourens du Plessis van Thabazimbi het die koei van mnr. Brian Angus se Woodview-stoetery, Arlington, gekoop. Ander stoeterye wat diere op die veiling aangebied het, was Al5 Wagyu (Bloemfontein), Delta Wagyu SA (Villiers), Kobe Stud Breeding (Cradock), Winterberg Wagyu (Tarkastad) en Xhariep Farming (Bethulie).
Swart vroulike diere is teen gemiddeld R267 800 stuk verkoop, terwyl rooi Wagyukoeie gemiddeld R205 000 stuk behaal het.
Altesame 31 koeie, 16 bulle, 52 verse, 128 embrio’s en 36 semenstrooitjies was te koop.
Wildswinkel het die veiling aangebied.