
Irrigation Unlimited verskaf bekostigbare, veelsydige en kostedoeltreffende besproeiingsprodukte. Veral die beweegbaarheid van die besproeiingsprodukte is ’n groot voordeel vir boere wat soms in moeilike omstandighede moet besproei.
In sy reeks is verskeie pyp- en mobiele besproeiers. Pypbesproeiers, ook genoem traveller and hard hose-masjiene, sluit in mobiele waterkanonne of spuitbalke wat die gewasse besproei terwyl dit oor ’n land beweeg.
Hoe werk dit?
’n Katrolwa met ’n groot wateraangedrewe pypkatrol word aan die een kant van die land geparkeer. Die punt van die pyp is aan ’n karretjie met ’n kanonspuit gekoppel. Dié karretjie word 130-300 m ver na die oorkant van die land uitgekatrol en die pyp word agterna gesleep.
Wanneer jy die watertoevoerkraan oopdraai, vloei die water deur ’n waterturbine wat ’n ratkas aandryf en die groot katrol aan die draai sit om die pyp stadig in te katrol en sodoende die kanonspuitwaentjie terug na die katrolwa te sleep terwyl dit die hele area natmaak.
Die spoed waarteen die kanonspuit ingesleep word, kan verstel word om meer of minder water per lopie toe te dien. Wanneer die baan voltooi is, skakel die motor wat die kanonspuitkarretjie inkatrol, outomaties af.
Daar is vier Ocmis-modelle beskikbaar:
Die R1/1 se pyp is 75 mm dik en 220 m lank, en bespuit dus n baan van 220 m.
Die R2/2 se pyp is 100 mm dik en 300 m lank, en bespuit dus ’n baan van 300 m.
Die Micro Rain MRR 58/200 kan vir kleiner landerye en tuine gebruik word.
Die Micro Rain MR 40/130 se pyp is 40 mm dik en 130 m lank, en kan tot 0,56 ha per 130 m besproei.