
As een van die oudste vervaardigingsmaatskappye van landboutoerusting in Suider-Afrika het Staalmeester ’n gevestigde en diverse bedryf reg oor Afrika opgebou.
Benewens Staalmeester-agente in Namibië, Botswana, Zambië en Zimbabwe voer hy ook meer as 100 verskillende werktuie en landboumasjinerieprodukte uit na klein- en mediumboere in 18 Afrika-lande.
Staalmeester se produkaanbieding sluit in hamermeulens, dorsmasjiene, bossiekappers, balers, snyers, harke, kuilvoerkerwers, hidrouliese kragvoereenhede, balkspuite, planters, kunsmisstrooiers, baalkerwers, voerwaens, houtkerwers, baalvurke en -laaiers, graan- en kuilvoerversakkers, houtverwerkingsmasjiene, voermengers, paal-gatgrawers en heiningsnoeiers. Die maatskappy bied ook ’n volledige reeks onderdele aan.
As ’n baanbreker-vervaardiger van landboutoerusting getuig hierdie groeiende uitvoerspoor van Staalmeester se onderneming om ’n voorkeur- en betroubare meganisasievennoot vir klein- en mediumboere te wees.
“Die afgelope sewe dekades is baie verandering wêreldwyd bewerkstellig en Suid-Afrika het baie gunstige veranderinge beleef. Ten spyte hiervan leef ons in ’n era waar dinge nie altyd gebou word om te hou nie, en waar die samelewing baie verbruik en nog meer weggooi,” sê mnr. Jacques Pretorius, besturende direkteur van Staalmeester.
“Ek glo dat Staalmeester binne hierdie werklikheid nie net die Suid-Afrikaanse landboubedryf beïnvloed het deur betroubare en stewige landboutoerusting te vervaardig en te verkry nie, maar ook die impak daarvan in Afrika uitgebrei het.”