
Data toon beeste is die voer-ondoeltreffendste proteïenverskaffers in vergelyking met ander diereproteïen. Dit, tesame met verbruikersvraag na volhoubaarder geproduseerde vleis en melk, en die koms van alternatiewe proteïenbronne vereis van beesboere wêreldwyd om hul sakemodelle en praktyke te heroorweeg.
Genetiese vooruitgang is ’n bewese oplossing om ’n verbruikersgedrewe, volhoubare aanbod van vleis en melk te skep. Die beesbedryf kon tot op hede beperkte genetiese vordering maak met ekonomiese en omgewingsbelangrike eienskappe, soos voerdoeltreffendheid, wat volhoubare produksie sal aandryf. Waarom?
- Beeste word in kuddes in wyd veranderlike en onbeheerde omgewings bestuur. Dit maak dit moeilik om individuele diereprestasiedata op skaal vas te lê, wat belangrik is om elite-diere vir paringseleksie te identifiseer.
- Die ekonomies belangrike eienskappe is moeilik om te selekteer weens beperkte data. Dit lei tot lae genetiese voorspellingsakkuraatheid.
- Baie beesboere maak staat op natuurlike dekking (die stadigste manier om elite-gene te versprei) as die standaardvoortplantingsmetode.
- ’n Gefragmenteerde tegnologiemark met beperkte integrasie van inligting of gereedskap maak besluitneming moeiliker vir boere.
Fenotipiese datavaslegging
Akkurate, gestandaardiseerde fenotipiese datavaslegging is uiters belangrik vir genetiese seleksie. Voerdoeltreffendheidsproewe vereis gestandaardiseerde protokolle en hardeware vir die insameling, verwerking en ontleding van die fenotipiese data.
Dit dien as grondslag om die fenotipiese data, gekombineer met driegenerasie-stambome, te transformeer om genetiese ontleding te verskaf vir ’n globale maatstaf en vergelyking vir die seleksie en bemarking van doeltreffende gene.
Standaardisering sluit in hoe die proefgroepe saamgestel en daagliks bestuur word, diere of dae wat weggelaat is, en die verwerking van verslagleweringsberekeninge aan die einde van die proeftydperk
Om die fenotipe akkuraat vas te lê, is dit belangrik om geldige netto voerinname (NVI) en verwagte nageslagverskilwaardes te verkry. Die hardeware en ontleding wat ’n datavasleggingstegnologie bied, moet daarom in ag geneem word, want dit sal data-gegronde besluite aandryf om voerdoeltreffendheid in ’n kudde te versnel.
Vytelle werk saam met ’n toenemende aantal Suid-Afrikaanse telers en navorsers om die struikelblokke van die handvaslegging van fenotipiese data op skaal uit te skakel. Vytelle se Beef Genetics-program bied boere ’n geïntegreerde program en benadering om voerdoeltreffendheidsproewe uit te voer, waaronder:
- Plaasgereed-hardeware met ’n waarborgprogram.
- Konsekwente meting van voerverdwyning, gerapporteer tot ’n 10 gram-resolusie.
- Geïntegreerde, deurlopende weegtegnologie, geïnstalleer by die waterkrip, verkort proeftydperke en verminder stres by diere.
- Daaglikse afstandsondersteuning om data te standaardiseer en dae tydens die proeftyd behoorlik te bestuur.
- Ontleding aan die einde van die proefneming wat fenotipiese en genetiese evaluasies verskaf.
- Deelname aan die wêreld se grootste multiras-doeltreffendheidsdatabasis vir genetiese evaluering.
Waardevolle gene
Voerdoeltreffendheid gemeet deur NVI is ’n matig oorerflike, onafhanklike eienskap (Koch et al., 1963). Wanneer NVI as ’n genetiese seleksie-instrument gebruik word as deel van ’n teelprogram, sal die nageslag minder voer verbruik vir dieselfde produksievlak.
As gevolg van die eienskap se oorerflikheid word verwag dat genetiese seleksie vir lae NVI by jonger, groeiende beeste dieselfde rigtinggewende uitwerking op volwasse koeiinname sal toon. Vytelle het die Vytelle IVF-en GrowSafe-stelsel in Julie 2020 gekombineer om ’n enkele presisieveemaatskappy te skep met die doel om die regte gene vinniger te reproduseer.
Deur Vytelle se geïntegreerde tegnologieplatform kan beesboere generasies se genetiese winste in net ’n paar jaar maak deur elite-diere te identifiseer wat ekonomies belangrike eienskappe, soos voerdoeltreffendheid, uitdruk. Besoek Vytelle op Nampo in die Wagyu-Huis.