AFGRI
BEAN
26 Nov
-
7600
0,00
CORN
26 Nov
-
3615
0,00
SOYA
26 Nov
-
7427
0,00
SUNS
26 Nov
-
11170
0,00
WEAT
26 Nov
-
6202
0,00
WMAZ
26 Nov
-
3420
0,00
YMAZ
26 Nov
-
3651
0,00
AMT
Beeste A2/3
12 Nov
-
53,56
-0,07
Beeste AB2/3
12 Nov
-
51,91
-0,45
Beeste B2/3
12 Nov
-
49,04
-0,89
Beeste C2/3
12 Nov
-
46,15
0,38
Bevrore Hoender
12 Nov
-
29,34
0,37
Bokkies (onder 30 kg)
12 Nov
-
66,06
-1,00
Bokooie
12 Nov
-
46,92
1,10
Groot (meer as 40 kg)
12 Nov
-
39,53
-1,69
Hoender (IQF)
12 Nov
-
27,78
1,63
Medium (30-40kg)
12 Nov
-
54,15
0,97
Pork Average
12 Nov
-
27,78
-0,41
Poultry Average
12 Nov
-
29,22
0,77
Skaap A2/3
12 Nov
-
84,63
-0,14
Skaap AB2/3
12 Nov
-
75,86
0,10
Skaap B2/3
12 Nov
-
72
0,11
Skaap C2/3
12 Nov
-
69,61
-0,41
Speenkalf
12 Nov
-
40,08
-1,39
Spekvarke
12 Nov
-
29,62
0,34
Stoorlammers
12 Nov
-
45,41
-0,52
Varkwors
12 Nov
-
22,96
-0,51
Vars Hoender
12 Nov
-
30,54
0,29
Vleisvarke
12 Nov
-
27,62
-0,45
Wol (skoon)
12 Nov
-
167,2
-2,88

Eerste Nampo Virtueel lok meer as 36 000 besoekers

akkreditasie
Foto: Skermgreep
Foto: Skermgreep
Die heel eerste Nampo Virtueel het weer die veerkragtigheid van die landbousektor bewys.

Meer as 36 872 besoekers het die 93 uitstallers op die aanlyn uitstallingsplatform van 9 tot 12 September besoek om die beste en nuutste innovasies in die landbou te ervaar.

Die AgriXtra-kanaal, wat ook vanjaar vir die eerste keer aangebied is, het 8 239 kykers gedurende die vier dae gelok. Dié mediaplatform is aangebied deur Landbouweekblad met die samewerking van Brand Republic en Graan SA. Dit is met Nampo Virtueel uitgesaai met 43 regstreekse onderhoude en paneelbesprekings.

Graan SA het die eerste reeks Agri in Motion-paneelbesprekings bekend gestel, wat daagliks gesprekke met vooraanstaande gaste en kundiges in hul onderskeie vakgebiede aangebied het. Die landbouwaardeketting, tegnologie en wetenskap om die bedryf meer volhoubaar in die toekoms te maak, is onder meer bespreek.

Nog ’n hoogtepunt was die Nampo Hoofverhoog, wat 12 668 kykers gelok het. Hierdie kanaal het besoekers deur die week vermaak met dinamiese sprekers, produkinligting, bekendstellings en demonstrasies, asook hope vermaak met bekendes, kunstenaars, kookdemonstrasies en meer.

Die Nampo Virtueel-webwerf het gedurende die week meer as 30 000 unieke gebruikers op die platform ontvang, met 514 000 gebeurtenisinteraksies oor die hele webportaal.

“Nampo Virtueel was ’n spanpoging en die resultaat van verskillende landbouvennote en 697 uitstallingspersoneel wat vasbeslote was om dit binne ’n baie kort tyd te laat werk,” sê dr. Dirk Strydom, bestuurder van graanekonomie en -bemarking by Graan SA.

“Ons het nie geweet wat om te verwag nie, aangesien ’n aanlyn handelskou van hierdie omvang nog nêrens ter wêreld aangebied is nie.

“Die Nampo-oesdag kan nooit vervang word nie, maar die virtuele aanbod en platform is ’n wonderlike aanvullende funksie. Wat ons oor kommunikasie in die landboulandskap geleer het, kan die Nampo-oesdag se bydrae vir uitstallers en besoekers net verbeter.

Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, sê as ’n aanlyn inisiatief is die beste deel van Nampo Virtueel die platform en uitstallings wat voortleef, selfs nadat die virtuele vertoning geëindig het, en die wye gehore wat Graan SA buite die tradisionele landbougemeenskap kon bereik.

“Die optimistiese gevoel, innovasie en samewerking van uitstallers, borge en vennote was ’n broodnodige verandering in die hoofsaaklik somber tydperk van Covid-19. Ons wil elke besoeker, wat die beste produsente en ondersteuners ter wêreld insluit, bedank. Ook vir hul bydrae om die landbou in Suid-Afrika te laat groei. Nampo Virtueel was ’n sukses vanweë almal wat met hierdie héél eerste in die landbou hande gevat het.”

Die volgende Nampo-oesdag word van 11 tot 14 Mei 2021 op Nampopark aangebied.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dalk vind ek jou - my "Droomvrou".
My eie strewe na n mens wat stabiliteit, opregtheid en lojaliteit met n positiewe en gesonde uitkyk uitstraal, moet ook vanuit jou weerspieel. Lekker ontspanne geselsskap met n...
Ek soek na jou
Ek is 'n goeie luisteraar en help graag ander mense. Ek het 'n goeie hart en wil dit graag met iemand deel wat dit sal waardeer. Ek hou van dans en spandeer baie tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot