
Mnr. Wynand du Toit van SuidplaasDohnes by Bredasdorp meen sonder FarmRanger-nekbande sal hy nie suksesvol kan boer nie. Hy het een van die grootste Dohne-Merinostoetery in Suid-Afrika met 2 750 geregistreerde ooie en is sedert 2000 vier keer as Bobaas-Dohne-Merino-teler van die Jaar deur die Dohne-Merino-telersgenootskap aangewys.
Veediefstal het ’n beduidende impak op Du Toit se stoetery, wat uiteraard op genetiese vordering geskoei is. “As ’n ooi of ram gesteel word, is die verlies aan teelmateriaal en die teelwaarde van daardie dier ontsaglik groot vir my.”
Hy verduidelik dat hulle reeds die afgelope 50 jaar noukeurige aantekeninge van ál hul diere hou. Dit sluit aspekte soos vrugbaarheid, reproduksie en moedereienskappe in.
“Ek gebruik die nageslagaantekeninge om te verseker dat my teeldiere van bewese gehalte is – volgens hul ouers se opgetekende geskiedenis. “Die verlies aan ’n skaap beïnvloed die hele familiegroep van daardie dier. Een veediefstalgeval wis ál die harde werk van sorgvuldigde seleksie oor baie jare uit, en die koste daarvan is onmeetbaar.”
Farmranger
Du Toit sê hy het vier jaar gelede ’n vlaag veediefstalvoorvalle ondervind. “Die veediewe was só arrogant dat hulle nie eens probeer het om met die lewende diere weg te kom nie. Een nag is tien ooie langs die grensdraad geslag en slegs die vleis gevat.
Ek het die volgende oggend op die plek afgekom waar die skaapvelle op die heining gehang en die koppe en binnegoed gelos is. In nog ’n voorval is ses ooie en elf lammers gesteel.”
Nadat ’n vriend hom van FarmRanger vertel het, het Du Toit dadelik vier halsbande gekoop. “Sedert ek FarmRanger-nekbande begin gebruik het, het ek nie een skaap weens veediefstal verloor nie.”
Hoe werk dit?
Du Toit sê wanneer ’n alarm afgaan, word hy, van sy werkers, die sekerheidsmaatskappy wat die gebied patrolleer, asook FarmRanger in kennis gestel.
“Dit gee my gemoedsrus om te weet dat elke voorval opgevolg sal word indien ek nie beskikbaar of op die plaas is nie. Ek het in die afgelope maand vyf of ses alarms ontvang wat verdere ondersoek vereis het. Die sekerheidsmaatskappy was elke keer binne minute op die toneel, wat die veediewe verjaag het voordat hulle ’n dier kon steel.”
Twee kenmerke van FarmRanger wat vir Du Toit uitstaan, is die verlengde batterylewe en selfoontoepassing. “Die battery hoef slegs drie of vier keer per jaar herlaai te word. Die herlaaiproses is vinnig en die battery is binne ’n paar uur weer ten volle herlaai.
“Die toepassing is uitstekend. Ek kan op die Google-kaart met my selfoon presies sien waar die skaapkudde is wat die alarm geaktiveer het. Die toepassing is ook ’n nuttige bestuurshulpmiddel omdat ek elke aand ’n daaglikse verslag ontvang.
“Ek kan FarmRanger beslis by veeboere aanbeveel. Die risiko om daarsonder te wees, is eenvoudig te groot.” Du Toit vertel dié YouTube-video hoe FarmRanger sy vee teen diefstal en roofdiere beskerm.