AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Kostegevolge van sterfte teenoor toepaslike boedelbeplanning

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Aangesien die landbougemeenskap die ruggraat van die Suid-Afrikaanse ekonomie is, moet boere seker maak dat die regte, behoorlike en professionele boedel-, finansiële en opvolgbeplanning vir hul boedels gereed is. Dit moet hul unieke omstandighede en omgewing in ag neem.

Dit is belangrik dat ’n boer sy boedel agtermekaar te kry voor hy sterf sodat sy gesin nie weens sy sterfte onder finansiële druk geplaas word nie. Daarbenewens dui statistieke daarop dat ongeveer 50% van Suid-Afrikaners nie kan bekostig om te sterf nie, want die bedrag wat ná hul sterfte uitbetaal sal word, is nie naastenby genoeg om hul skuld en kontantlikiditeitsbehoeftes te dek nie.

Verder word beraam dat 75% van Suid-Afrikaners sterf sonder om ooit ’n testament op te stel, of die testament is nie reg gestruktureer om die persoon se wense en regsgevolge uit te voer nie. Dit beteken dat die boedel ingevolge die Wet op Intestate Erfopvolging (Wet 81 van 1987) beredder kan word of nie die persoon se wense en voornemens behoorlik uitvoer nie.

Oorwegings vir die alleeneienaar

Artikel 9HA van die Inkomstebelastingwet (Wet 58 van 1962) is op 1 Maart 2016 gepromulgeer, wat die belastingbedryfsomgewing vir ’n handeldrywende alleeneienaar by sterfte verander het. Die aangestelde eksekuteur moet beheer neem van die boedel se bates en ingevolge die Boedelwet (Wet 66 van 1965) rekenskap gee van elke aspek wat daarmee verband hou.

Die gevolg van hierdie bekendstelling het die belasting op handelsaandelebates vanuit ’n kapitaalwinsoogpunt (effektiewe koers van 18%) verander na dié van inkomste wat teen die individu se marginale belastingkoers van 45% belasbaar is. Dit kan ’n aansienlike finansiële en likiditeitsimpak op die boedel hê.

Regstrukture om te oorweeg

Daar is verskeie toegelate regstrukture beskikbaar wat ’n beplanner kan benut om inkonsekwenthede in die boedelbeplanning aan te pak. Absa moedig boere dus aan om hul boedelbeplanners te raadpleeg om hierdie geleenthede te verken. 

Oorsig van ABSA Trust

Absa Trust fasiliteer welvaartbewaring deur die toepassing van boedelbeplanningsoplossings, insluitend die opstel en veilige bewaring van testamente, trustregistrasie en -administrasie, en boedeladministrasie. Die maatskappy verskaf geïntegreerde, nie-bankdienste- finansiële oplossings aan individue, insluitend kleinhandels-, hoënettowaarde-, institusionele, besigheids- en korporatiewe kliënte, asook korporatiewe werknemer-, gesins- en begunstigdefondse.

Boedelbeplanning

•     Gestruktureerde, belastingdoeltreffende beplanningsproses om risiko’s met die versameling, bewaring en verdeling van bates te versag.

•     Die beskerming van jou bates teen krediteure en ander moontlike risiko’s vir jou welvaart.

•     Opvolgbeplanning met die oordrag van jou welvaart na die volgende geslag of die beplanning vir die toekomstige eienaarskap van jou besigheid.

•     Belastingdoeltreffende boedelbeplanning.

•     Stigting en administrasie van plaaslike en oorgrenstrusts en -maatskappye.

•     Toegewyde beplanning vir ingewikkelde oorgrensbates.

Opstel en veilige veilige bewaring van testamente

Absa Trust se Wills Direct Centre of Excellence is ’n innoverende oplossing wat die boer direk met ’n professionele testamentkonsultant in verbinding stel, wat ’n professionele, wettige en afdwingbare testament vir jou sal opstel en e-pos.

Hulle verskaf ook ander produkte.

Trustadministrasie

•       Opstel van trustaktes en stigting van trusts.

•       Bate-administrasie met gespesialiseerde beleggingsadvies deur batebestuurs- en konsultantvennote.

•       ’n Volledige administrasiediens, insluitend die invordering van inkomste, betalings, veilige bewaring, belastingopgawes en jaarlikse administrasiestate.

•       Streekkantore wat in Pretoria en Kaapstad gesetel is, en gesteun word deur ’n nasionale span spesialiste wat vergaderings met kliënte persoonlik kan bywoon, indien nodig.

Boedeladministrasie

•       Die administrasie van bestorwe boedels in ooreenstemming met die instruksies wat in die testament of ingevolge intestate erfopvolging uiteengesit is.

•       Streekkantore wat in Pretoria, Durban, Bloemfontein, Port Elizabeth en Kaapstad gesetel is, en gesteun word deur ’n nasionale span spesialiste wat vergaderings met kliënte persoonlik kan bywoon, indien nodig.

Begunstigdefonds

•       Absa Trust Beperk het die Absa Trust Begunstigdefonds gestig, wat ’n afsonderlike regsentiteit is en behoorlik by die GOFS geregistreer is om as sodanig op te tree.

•       Die Absa Trust Begunstigdefonds vir sterftevoordele van goedgekeurde fondse, asook die Absa Werknemervoordeeltrust vir sterftevoordele van nie-goedgekeurde fondse, het vier opsies vir trustees om uit te kies teen ’n baie mededingende tarief. 

Navrae:
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot