
In die Saratoga-boerdery gebruik mnr. Theo Doms, die produksiebestuurder, Farmtrack vir alle besproeiings- en spuitbehoeftes. Saratoga, by Robertson, produseer ’n verskeidenheid sitrus- en steenvrugte. Die steenvrugproduksie behels nektariens, perskes en pruime, en sitrus sluit in sagtesitrus (nadorcotts en nova) en Eureka-suurlemoene.
“Die plaas is 12 maande van die jaar in produksie, dus monitor ons die fenologiese siklusse van die bome voortdurend, na gelang van die seisoen. Ons hou altyd besproeiings- en spuitbehoeftes en plaagbestryding dop.” Saratoga het Farmtrack drie jaar gelede begin gebruik toe die behoefte ontstaan het om ’n beter oog oor bespuiting, veral in die nag, te hou. Foute kan soms insluip, maar nou is dit makliker om vas te stel waar iets verkeerd geloop het, pleks van te raai.
“Nou weet ons watter trekkers gebruik is om te spuit, hoe laat hulle gespuit het en teen watter spoed daar gery is. Uit hierdie perspektief is dit van onskatbare waarde.”
Doms sê een van sy gunstelingkenmerke is die oortydmonitor, veral omdat hulle snags spuit. “Ons kan ’n idee kry van hoeveel oortyd gewerk is, en dit word direk in ons betaalstelsel ingevoer.”
Dit is vir hom verblydend dat tegnologies toegespitste maatskappye aandag gee aan die landbousektor. “Ons vertrou die tegnologie en dit het ons al baie gehelp. Ek sal Farmtrack beslis as ’n landbouhulpmiddel aanbeveel, en sien uit na sy dienste in die toekoms. Ek wil nie sonder Farmtrack boer nie.”